‘n Halwe waarheid
‘n Halwe Waarheid Deur: Ryno du Plessis Tussen skuldgevoel en beter lyk word die waarheid met ‘n draai ontduik. Dit is mos nie ‘n leuen nie, net so bietjie by die waarheid geleen. Sou dit jou beter laat voel, of moes ek steun op ‘n leuen? ‘n Leuen bly ver van waar die waarheid heers—twee […]
Trane
verwonderd staan hy op sy spesiale plek, die duin wat uitsig gee oor die diep blou see waar golwe met reëlmaat breek oor sand spierwit strande met spierwit mosselskulpe spelende, draaiende, wit some agterlaat wat vinnig wegsak in die gulsige sand borreltjies van sakkende diertjies wat hul tydelike tuiste daar vind so val […]
Soos najaarsdou #silwer
Soos najaarsdou Haar spookasempienk gewaad vertoon sag by haar spierwit kroon, waardig, maar tog vriendelik groet sy elkeen by die kerk se deur. In haar lilapers roomysrok geskep met kromgetrekte hande is sy ‘n Barbie-uitrusting-legende, ‘n aantrekkingskrag vir oud en jonk. In ‘n appelgroen gestileerde pakkie vertoon sy klein en tog kordaat, maar sy groei […]
‘n Gevlerkte lewensles #silwer
‘n Gevlerkte lewensles Dis ‘n heerlike sonskyndag in Mieliemuur. Die sonnetjie kom lê sy spore op die sitkamermat. Die voëls kwetter vrolik in die bome. Ek is seker daar word vergadering gehou tussen die takke oor die somer wat hier is. Daar is ‘n getwiet-twiet dié kant en dan weer gekirrr-kirrr daai kant. In die […]
Woorde en gebare net te laat
Woorde en Gebare Net te Laat Deur: Ryno du Plessis Gister was almal se monde vol oor alles wat ek verkeerd gedoen het. Al het ek hoe hard probeer, kon niks die skinder keer. Paaie het ek geloop, geworstel met my eie seer en sonde. Soms was ek opgewonde, gedroom en geleef. Soveel het gebeur, […]
Gister in sy Boks
Gister in sy Boks Deur: Ryno du Plessis Gister het ek gelewe om ander te oorleef. Soveel goed en kwaad kon ek beleef. Vir ander was dit sonde, vir my ’n les. Elke dag van my lewe gee ek my bes. Sou ek tog perfek kon wees, sou die lewe steeds dieselfde wees? Maak nie […]
Lappies legkaart
Lappies Legkaart Deur: Ryno du Plessis Stukkie vir stukkie het jy aan my gebou. Eers my glimlag, toe die lewe in my oë. Jy het alles gebou in die heel beste van jou vermoë. Jou perfekte beeld wou jy graag bou. Niks van wie ek is wou jy behou. Alles altyd beter, kom speel jy […]
Graf met siellose asem
Hulle dra dit soos ’n kroon, daardie woord: tronk. Laat dit blink klink, soos ’n medalje wat teen ‘n borskas wink. Generaals van oorloë sonder oorwinnings. Binne is daar net ’n plastiekbak met pap wat afkoel, bruin brood wat aan die verhemelte kleef, en ’n dun streep soet as die dag genadig is. […]
APRIL 2026 – PATRIOTISME PROJEK – KOMMENTAAR EN UITSLAE
Wenners Baie geluk aan hierdie 10 lede! Brons (1) NO 23 Audrey Bierman met Wingerdstok taal (2) NO 7 Juanri met Trots Zuid Afrikaans (3) NO 9 Johan Jansen van Rensburg met Suid Afrika my hart Silwer (1) NO 18 Nicola Brown met Onder dieselfde son (2) NO 16 Retha van Deventer met Heimat van […]
VVV
hierdie gogga verskyn dit val pens en pootjies binne in my droom eers vaag onbegrens dan duidelik met loeiende en aaklige neon kleure flitsende ligte wat pols en dril in my onderbewuste my deeglik bewus maak hierdie vreemde vlieënde ongenooide voorwerp skud my gedagtes soos ‘n sif bekruip my […]