Blinknat gisters
Ek mis die pad huistoe
verlang-verlang
na die eggo’s
van ou herinneringe
Die jaar is verby
dit het goeie en slegte tye gebring
die slegte word gou verlede
lankal vergete
Ek loop verby flenters van oud
verberg in die stil geheim
van gebeure
en ek weet ons tye saam
was goud
Al die stukkies lekker
word spoorlyne deur my hart
en ek loop soos ‘n kind gekreukel
in gister se warm arm
Wydgestrek in eensaam’ vrede.
die sware koue
in die nat jaar geleӫ
dit flikker-pyn blinknat
in vandag se vreugde
3 Kommentare
-

Marisa Labuschagne
Baie mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek