Lokkende-liefde
met skuimvingers lok jy my saggies nader
om in jou vlak watertjies te kom speel
skulpies op te tel en geheime te deel
jou branders lok my
om myself te verloor
saam met jou die diepte in te gaan
deel te word van jou heiligdom
jy fluister liefkosings in my oor
laat my op jou golwe dein
jy hang pêrels en korale om my nek
laat my op jou golwe te dans
nooi my na ‘n verre plek
waar ons saam skatte kan ontdek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.