Vuurspoor
In die herfs van daardie jaar
was die Weskaap aan die brand
en ‘n vlam het oor die berg gebaan
van Stellenbosch tot Jonkershoek.
Die rook het hoog en wyd
oor piek en dal gehang.
En tóé
toe het ek na reën verlang –
nes die fynbossaad wat in die asspoor lê
en soos lelies van die vuur wat – binne enk’le dae –
‘n blomsteel laat verrys
deur die verskroeide aarde
se puin, en swart
. . . en grys.
© C. Shaw
22 Mei 2016
6 Kommentare
-
-

Palet
Pragtig!
-

neels
Jy bly maar tops Carma
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie dankie vir jou deelname aan die INK en SA Vryskutskrywer kompetisie, sterkte en mag die beste persoon wen!