Ou offerkan
ingeduik, dof, vol stof…
geroeste melkkan weggegooi
e
e
n
s…
blinkskoon geskrop vol…
witwarm melk wat voed
soos ‘n moeder omring deur haar kroos
kinderhandjies uitgestrek
my met liefdespatroontjies gemerk
met sagte hande geliefkoos
my kinders kry alles en vra nog
my kinders wat hul in my spieël
ek, so gelukkig, so gesog
in slap babalyfies het ek spiere gebou
alles gegee…
hul voete op die aarde gehou
maar nou is daar nie meer kinders wat vra
hulle het verdwyn in besige grootmenslywe –
wat meer hou van boksiemelk
en kitskoffie met cremora
ek is nou vir niks anders goed
net ‘n uitgediende melkkan vol
grond wat ‘n honger plant moet voed
krom spinnekoppootjies maak nou patroontjies
in die stof
ek, so alleen met my ou geroeste lyf
voel net nog soms die sagte roering van ‘n blaar
liefkosend teen my vryf
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.