My ma se huis is bottergeel
Mamma,
in jou tuin is daar ‘n plek waar die son opkom.
Sy vly haar strale teen die mure van jou huis,
haar lig vloei by jou kamers en jou gange in.
Snags blink die maan bo jou woning –
‘n vol maan wat nooit sy glans verloor nie.
Sterre dans en strale krans om jou vye-
en amandelbome.
Ja, die son en die maan en die sterre
loof jou met hul ligspel,
hulle eer jou in die dag en in die nag.
Jou huis se mure het jy bottergeel geverf
want jy verstaan hoe lig werk.
En waar daar lig is, is daar geen donker nie.
© Carma Shaw
27 Mei 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei Moedersdag/Vonkfiksie projek