Vandag se gister
Vae vervloё herhinderinge
lank en vêr geban
uit die verbete vloeiende gedagtegang
van die verlede…
Herrys meteens verbetenloos
net by die aanhoor van jou stem,
onmiskenbaar afgemete
en beheersd
Sou die tyd dan nie veronderstel wees,
om berusting aan te bring,
die gisters stelselmatig
te laat verdwyn en kwyn?
In ‘n waas van mistige vergetelheid…
tot waar normaal net weer tog,
normaal kan wees
© F Jansen van Vuuren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.