Versugting
Maak my hart soos malvapoeding,
weer so sag en net so soet.
Maak my sterk soos donker koffie,
oorloopvol van vrouemoed.
Maak my kleurig,
maak my fleurig –
geurig soos die blomme van die veld.
Vul my weer met omgeeliefde –
genoeg
om selfs ‘n klip te smelt.
© Carma Shaw
17 September 2017
4 Kommentare
-
-

Koekekranka
Kon mens maar net 'n vir 'n wyle mens se dors les by die fonteine waaruit jy jou digskatte put! Welgedaan!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Bianca van Niekerk
Sjoe, dis treffend en laat my sommer goed voel!