Brokkelstukke
Brokkelstukke
tussen lewensstasies
waar treinspore gly
spoed die lewe verby
los my met gebroke spasies
tussen brokkelstuk en skerf
asems van gister se goed en sleg
word my palet geverf
vind ek daagliks my weg
my asem wasem teen die ruite
lewe stoom voort daar buite
skakerings van groen en blou
sien ek deur my asemdou
tussen brokkelstuk en skerf
asems van gister se goed en sleg
word my palet geverf
vind ek daagliks my weg
gedagtes by gister se seer
my verlange word net meer en meer
vlug ek na nuwe drome wat wag
klik-klak klink die spore sag
tussen brokkelstuk en skerf
asems van gister se goed en sleg
word my palet geverf
vind ek daagliks my weg
© Anzé Bezuidenhout
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Vonnie
Dankie vir die inskrywing van jou gedig vir die liedjieskompetisie Anze. . . Mag dit die voorafgaande een van sommer nog vele van Ink-lede se gedigte wees.