Jongste aktiwiteit:

Winterkoms

blaas jou grassade
van die Ooste tot Weste
oor dorre rooi grond

heil die winterkoms
laat kabbelende strome
sag suis in kraters
en wild waai jou kou’ winde
deur bome en ou blomme

strooi jou doodsblare
van die Noorde tot Suide
langs lopende waters

(HAIKOE-TANKA-HAIKOE)

© Carla Visser
28.11.2017




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed