Stiltes lewe
Dit wat krom is
draai om en om
hoe jy roekeloos
rigtingloos
net hier bly staan
en die ritmes
tussen elke hartklop
jou dwing om diep
asem te haal
jy gaan sit stil
en die gemaal en m-a-a-l
dwaal hier binne jou
soeke rond
die stiltes skreeu doof
en hul monde lewe klankloos
terwyl hul kyk maar niks sien nie
hulle kyk en sien nie
nie my nie
nie jou nie
niks nie
jy is doofstom
krom
blind
teen die wêreld.
© 2018 C. Holder
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.