Jongste aktiwiteit:

Viooltjies in die kombuis

Hier is ‘n winterkaros
om ons toe te kombers,
jou lyf kontoer
my teen jou vas-
elke legkaartronding
is gemaak om te pas
en die vlammetjie flikker
bo-aan die pit van ons kers.

Ek proe die soet-suur
van maande se onthou,
skil en kook en ‘kênfroet’
emmers vol bitter ervarings,
en plant vreugdepitte
in die sierstruiklanings
waar ons ‘n nuwe lewenstuiste
met geloofstene en hoop bou.

My kop op jou skouer
luister na ‘n wonderverhaal,
ek weet dis ons begin
in die sinkdakhuis,
sonder ‘n vrugtespens
met viooltjies in die kombuis,
wanneer jou hande
vir ewig om my ritme ronddwaal.

©adéle




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed