Jongste aktiwiteit:

TUSSEN ROOI SATYN

In die middel van die nag
het ek smagtend vir jou gewag
ek voel jou stomende asem
ons liefde is toegewasem

In die middel van die nag
soene sag in die stomende nag
jou lippe rooi soos skarlaken
tussen fyn linne en ń laken

In die middel van die nag
het my liefling vir my gewag
ek voel jou langs my inskuif
ek voel jou sagte warm lyf

streel jou hande oor my lyf
trek my nader en hou my styf
my hart klop en stuig na bo
my hart kyk regdeur jou oë

ons naakte liefde passievol
ons liggame styf teen mekaar
tussen sagte linne en rooi satyn
behoort jy vir altyd net aan my

Eleen van Deventer Vorster




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed