Anders as wat was
As ek nou terug dink
sien ek jou
anders,
dit is in die nou
waar gister lewe
anders as
wat ek gister onthou;
dis dalk perspektief
weg van dit wat jou
soms so maklik kan verblind
en die prentjie
wat in my geestesoog lewe
is tog anders
maar dieselfde;
dieselfde in die sin
ek sien nogsteeds
wat jy nie wou sien
ek voel nou nog
met my hele hart
dit lewe nog,
maar dit is my storie
wat lewe in my
anders
as wat jy dalk sien
as jy terug dink
aan daardie somersdag,
daardie dag toe jy my hart
saam jou gevat het,
saam op daardie lang pad
huistoe;
en anders as dit
is my perspektief dit –
jy’t nou nog my hart
daar iewers
tussen deur jou stories,
daar iewers
lewe ek nog
anders.
Chantelle Holder
© 2015
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.