Versprei
Sy behoort nie
aan iemand nie.
Sy behoort nie aan ‘n man nie.
Haar siel is
fyngetrap
in stukke getrap
lank gelede
deur
baie mense
die stukkies het verpoeier en
is opgeneem
met die wind en
versprei
deur die heelal en
soms
as jy gelukkig is
kan jy van die stukkies sien blink
in
die maan of
die sterre
jy kan haar sien lag
in die wolke
voel
as die wind deur jou hare streel
jy kan haar hoor
as die wind
in die bome praat soms
as jy gelukkig is
want
haar siel behiort nie
aan iemand nie
behoort nie aan ‘n man nie
dit behoort
aan die heelal
@Anria
(2018/03/05)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Laat my dink aan tot stof sal ons terug keer. Jy is jou eie mens en wat 'n pragtige gedig is die om jou "statement" te stel, jy behoort aan niemand nie, net die heelal.