Net soos die Mavericks
Hulle sê die verlange
spoel soos golwe
oor jou siel
dit is die alleenheid
wat jou gelukkig wees
verniel.
Die gat
wat agter gebly het
na jy weg is met my hart
is gevul met soutwater
(dit brand!)
van die trane wat nie
val oor jou nie.
Hulle sê die verlange
spoel soos golwe oor jou siel …
Dit is alleenwees
sonder jou
waarmee ek myself verniel.
@Anria
2018.03.15
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Goeie werk, Anria. Emosievol :-)