Liefde is…..
Liefde is ……
B i t t e r s o e t
n ryp oop gebreekte granaat
teen die sonsak
skarlaken rooi soos bloed
n koel bries teen die middag gloed
G e d u l d i g
n wit skuimende golf in hoog gety
op die horison
word dit grys en sinkwit verlig
in woorde leef dit as n gedig
V e r d r a a g s a a m
n arend in vlug
Hoog tussen koue lugstrome
Al draaiend in sy lewensbaan
Swewend sonder twyfel sonder traan
L a n k m o e d i g
n stoom lokomotief in n stasie
wat wag op sy vertrektyd skedule
Sluimerend waak dit tot eens spoedig
sy bestemming die vertrek aankondig
P a s s i e v o l
n bloeiende roos
wat met dorings en al kan seer maak
Wat jou in sy greep omarm
Wat soos golwe na die strand aanrol
en dan vol trots die verkose rol vertolk
L i e f d e i s
al hierdie genoemde dinge selfs nog meer
dit kom van ons Liewe Heer
gaan lees dit in Sy Woord
waar die beste woord kunstenaars is
wat gedurig met woorde wonders verrig
L i e f d e i s
Wat jou siel openbaar
dit is die spul waarom alles draai
die opoffering wat Hy van jou vra
intense vrede
waarmee Hy jou oorlaai
L i e f d e i s
Sy guns onverdiend
dit is jou siel se lot verkose
uit Sy gebod
- L i e f d e i s
G
O
D
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.