moeë lyf
bo suis die wind in vlae
onder ruis geluide in krake
bo storm die golwe strand toe
onder skuif sand landwaarts
op land kom en gaan seisoene
plante verweer in droogte
blomme skiet op in reën
waar lê jou moeë pyne
jou wankelende draai
of jou verlies aan
magnetisme
niemand
sien jou meer
raak nie
jou
ouderdom
verraai jou
verpak
op
‘n
rak
tot jou
binnegoed
uitbars
in
krakatua
se vlam
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.