So uit U hand…..
Die eer van wonder
weerkaats in die deursigtigheid
masses sout breek vloeiend
die oneindigheid van U grote liefde
wat uitgestrek lê
oor versadigde strande
U lande soos ñ legkaart
hoe die branders
alles weer gelyk maak
die sout van die aarde
spoel en spoel
alles skoon en spoel terug
na waar die diep duisternis
dit neem en die golwe
in die gemak van U grote krag
teen rotse
en klippe en sandbanke
die seelewe slyp
die sout martel en skaaf
dit spoel skulpe uit
oor die strand
lê vlak tussen korrel sand
totdat die branders dit weer
in neem
na die dieptes van U land
om te dink
dit is alles geskape
so uit U hand.
C. Holder
© 2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.