Jongste aktiwiteit:

verby spokerige familieportrette (Opdrag 3)

by die voorste hek
net onder die sinkafdak
‘n frisco-blik met duiwelsdrek

spokerige gedaantes en skadu-vangers
twostep in die klank
van die grafsteensangers

af in die linoleumgang
waar stomme familieportrette hang
verby oom brolloks en antie bittergal

nie alle here is here
tog aanbid sy vrou en kinders hom
al het hy in sophie se jaart omgekom

had hy ‘n hart van klip
kruisbande en skedelrige valstande
ronddwaal oë en ‘n moestas op die lip

lank was die dag
toe hulle vir die testament moes wag
geld wat stom is fix dit wat krom is

©arin erasmus

(geneem uit Kaalkop van Nataniël)




10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed