Tortelduif gekoer (OPDRAG 7)
Ons tortelduif gekoer ‘n perfekte melodie
toegevou in ‘n liefdeskombers
twee harte klop in harmonie volmaakte vers
vervul mekaar se gedagtes – telepatie
die klank van goue waterstrome speel ‘n simfonie
as ek jou soet lippe proe by die opsitkers
die sterre in jou oë wat my drome in joune pers
waarom moes ons son weer onder gaan sonder empatie?
ons lente seisoen van reënboë en kleur
bloeisel geur van beloftes om vrug te dra
ons hande wat perfek in mekaar pas
jou liefde die sleutel tot my roostuin se deur
sal jy my weer oor die drumpel dra as ek jou mooi vra?
met al my begeertes van jou in my hartkamers se tas
© Charnê Harding
8 Kommentare
-

Elroux
Pragtige gedig Charne
-
charne
Baie dankie, was 'n moeilike opdrag, maar baie lekker.
-
-

Callie Vermeulen
'n Pragtige gedig... mooi verwoord Charne.
-

Driekie
Baie mooi, Charné
-
charne
Baie dankie.
-

Alet
Mooi geskryf
-
charne
Dankie Alet.
-
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie