Jongste aktiwiteit:

(t)roosloos

as blomme pyn kon stil
sou ek ’n duisend langsteellelies pluk
en dit in erdekruike
op die trappe van jou stoep rangskik

ek sou ry op ry laventelbos
in jou agtertuin se leemtes plant
en voor elke ruit van jou
’n sonneblom laat geel…

as blomme pyn kon heel

© Carma Shaw
23 November 2018




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed