Jongste aktiwiteit:

Toe (Brons)

‘n Slot is ‘n slot en die slot is die slot.
Die een maak toe, die ander is ‘n einde.

Met ‘n geenpoel riskant het dokter
die fabriek maar afgebrand,
en met die uitsny verseker
dat ons geen lote kry.

So as bloedjong vrou word ek
‘n sportmodel.
Almal terg my stuitig,
tog bly my kind al(een).

Al het ek soms gevoel ek is reggemaak
(verkeerd gedraai?)
om nie verder te kon teel,
of oor die sin van alles te bly wonder,
is ons almal die PMS gespaar
en vloei wat my kon bind
aan ‘n hart se lewensbloei.

© Charleine Collins 1 Desember 2018




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed