eerlik
uitgestrek onder blou hemel
lê die see vanoggend met hoogwater
hier naby ruis en bruis branders verwoed
my oë neem waar wat in die lug gebeur
meeue wat swiepend strandwaarts keer
my siel sweef verder as net hier
dit sien die eerbaarheid vanself
van elke deel van die skepping
hier lê ek Heer, praat met my
soos van ouds met U kinders
laat U wil geskied, hier
oral om my en verder
sodat alles eerbaar
kan word, eerlik
kan wees, en bly
sodat mense weer
as kinders van God
bekend kan wees
a
m
e
n
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.