Jongste aktiwiteit:

‘n Junkie se laaste ure…

Die slaap hou my venaand wakker.
My kop dwaal al heelnag behalwe waarheen hy moet.
Die nag lewe offer geselskap.
Die donker uur is die naaste aan die sonsopkom, nader as die een vantevore

Ek probeer myself aan die slaap skryf.
Ek probeer my tyd beter bedryf.
Ek probeer aan môre te dink.
Ek probeer myself kalmeer.
Ek probeer rondwaal terwyl ek lê.

Ek dink ek is oor dit.
Ek dink verkeerd.
Ek dink ek is opad.
Maar waarheen?

Ek hoop ek maak die volgende dag.
Ek hoop ek vergeet die vorige een.
Ek wens ek kan môre sien.
Ek wens ek kan gister blind staar.

Drome kom met oop oë.
Ek wandel die gange van my siel.
My pyn kom kuier graag in laat ure.
Hulle kom jaag my dagdrome opsy.

Soveel vrae met geen rigting.
Soveel antwoorde sonder vrae.
Die oorlogspad is my lewenspad.
Hoe sal ek die pad kan oorleef.

Ek neem nog een.
My hart wil bars.
My oë dwaal iewers heen.
My gemoed trek dwars.

Bye ma.
Bye onbekende pa.
Bye aan die mense wie my ken.
‘n Junkie se groet aan die wêreld
die monsters het aangehou en gewen.

© Regardt Belo




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed