Jongste aktiwiteit:

goedheid

die lewe se goedheid en guns
lê uitgestrek oor my duin
om my die fynbos
met kleur en geur
bo-oor alles vlieg meeue
onder skrop fisante
verwaande kraaie
skreeu hul kras
ver oor die baai
strek blou berge
iewers voor hawe
anker ertsdraers en wag
golwe bring voedsel uit op strand
seevoëls kries en kras daaroor
oor dit alles sweef my siel
sweef oor alles
sien die goedheid
en die guns van lewe

©Teárlach




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed