Jongste aktiwiteit:

In jou arms

Ek is bang ek is nooit goed genoeg nie. Of as ek bly dan kry ek seer. Ek is bang as ek gaan lê, dan is dit alles so aleen. Maar waarvoor ek die bangste is, is die dag as ek gaan vra, dan is jou antwoord nee. So met snye op my voete, hardloop ek na die bos. Na ‘n plek toe wat my opvreet met sy liefde en geluk. Die geluide van vrede is soos ‘n orkes op my ore, hier waar sy met my kan dans, in haar mooie rok van wit. Natuur en wolke, kom vou jou arms om die lyf, waar ek elke dag tot skemer by jou aangesig wil sit. Onthou my soos môre, maar vergeet soos gistraand. ‘n Maanlig ete sal vir passie elke aand daar bly wees. Ek kan nie vir jou die sterre steel nie, maar my belofte wel aan jou, is hierdie kleine hartjie, as jy maar net sal vas kaan klou.




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed