Pappa se seun
Soos ons hier lê en my oë plak op jou neer, die son se strale sluip saggies met helder skoene die venster deur. Die kombers van beskerming en kussing van onskuld, verf hierdie portret van rooikop kind, sag en mooi. Jy het so groot geword, en tyd is ‘n dief! Hoe steel hy die wysers van ons jare saam my lief?. Jy ruik soos vreugde, en klink soos trots. My beste geskenk, en grootste wens. Ek mis jou al klaar, en baai sê is my hart se mes, weet asseblief net eendag, vir jou gee pappa sy bes!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.