Einde
Einde
soos ‘n pianis sit ek voor die skerm
my emosies vloei oor die sleutels terwyl ek innerlik kerm
dis ‘n verwerking van trane wat ek nie stort nie
hoop wat ek nie hardop kan verwoord nie
ek skree deur letters op papier
ek bloei woord vir woord, dis my manier
jy sê die skrywes is mooi
maar dis my pleidooi
in die stilte smag ek na ‘n alles-end
my kop maak min uit van die lewe as ‘n tent
‘n geswoeg na oorlewing maak ‘n drenkeling moeg en naar
die lemmetjie sny daagliks, maar te effens vir ‘n lewensaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.