Drake Plaag (Silwer)
‘Skraap dit af voordat jy die mat vlek!’ skree Marge terwyl Red grot binnekom.
‘Jig! Jy kan nie deur die bos loop sonder om in draakmis te trap nie. Het jy al iets omtrent die plaag gedoen?’ Hy skud sy kop en haal sy hoed af. ‘Duidelik nie, of my gunsteling skoene nie nou so ruik nie.’ Hy kreun saggies en met ‘n waai van sy hand verdwyn die aanstootlike gemors.
‘Waarheen het jy dit gestuur?’ vra Marge en bewe van agterdog.
Red sug. ‘Nêrens waar dit jou sal pla nie.’
‘Die drake is nie my probleem nie. Hulle behoort aan Crystal – en jy weet hoe beskermend sy is.’
‘Sy moet weet dat sy ‘n probleem met oorbevolking het,’ sê Red terwyl hy sy mantel oor die kloue in die muur hang.
‘Miskien moet jy met haar praat – mense luister na jou.’
Sy kop ruk op van waar hy die nuutste kat bewonder wat by die heks ingetrek het.
‘Ek sal nie my kragte op daardie arme meisie gebruik nie. Sy is verkeerd gelei, nie kwaadaardig nie.’
Marge krul ineen en die katte verdwyn in die donkerte van die grot in.
‘Ek het net gedink…’
‘Dit is jy wat haar opgelei het – sy is jou probleem, Marjorie. En as jy nie die situasie kan hanteer nie, sal jy hanteer word.’
Red ruk sy mantel van die kloue af en storm uit die grot uit. Almal verwag altyd dat hy hul gemors moet uitsorteer. Wel, hy iss klaar. Om ‘n Opperste Towernaar te wees moet meer bied as om net ‘n Skoonmaker te wees.
‘n Draak vlieg af voer hom weg. Drake kan tog wonderlike troeteldiere wees …
(277 woorde)
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2019 projek