Flamink pienk
Na die kaal koue winter
het die bloeisels aan die boom
soos die hemel gelyk
ek kon net nie ophou daarna kyk
Vir lank het ek net daar gestaan
dit is die mooiste mooi
ek’t my asem diep ingetrek
gevoel hoe die sonlig warm oor my hart vlek
Toe pluk ek ‘n takkie
met een bloeisel aan
hou dit styf in my hand vas
terwyl ek soos ‘n eenbeen flamink rond’dans
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2019 projek