Jongste aktiwiteit:

Nuwe fase

toe die son oor die nuwe jaar opkom
was dit ‘n jaar van baie laastes
jou laaste laerskool jaar
tot oorlopens toe vol
met herinneringe besaai

die voorreg om jou lig as leier te kon dra
het ander gewys van Jesusliefde
van jou laaste atletiek
tot jou laaste lentesokkie
en revue waar jy na hartelus kon sing en dans
nou lê die laaste eksamen voor
en dan die laaste groet
want baie van julle maats kom van voorskool af saam
en na die jaar spat julle in verskillende rigtings
om jou aardse doel te ontdek

op die horison
waar die son se skadu val
wag die onbekende
maar die son
sal altyd weer opkom
oor die nuwe fase in jou lewe

©Jessica Venter
23/10/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed