Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Rooigoud Skadu’s

Deur Jessica Venter
Datum gepubliseer: 23 Oktober 2019 Aantal woorde: 42 226 Kere gelees 8

as elke sonstraal my see liefkoos
en met sy goudgeel glimlag besprinkel
sproei jou soutasem kopergeel golfies
oor my horison
plooi jou deinings
waar rooigoud skadu’s my hart omhels

©Jessica Venter
19/07/2019
• Foto erkenning – Geneem deur Linda McCleod naby Rottnest Island, Australia




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 110
Kommentaar telling: 4

Ek is gebore in Pretoria en het daar groot geword. My ma was ‘n enkelouer en het my dus alleen groot gemaak. Ek is al 15 jaar getroud. Ons het twee kinders, ‘n seun, Armand en ‘n dogter, Bianca. Ons bly in Randfontein tussen al die mynhope maar dis my tuiste. Ek het sekretarieël geswot by Randfontein Kollege. My man het sy eie vervoermaatskappy, ek doen al die kantoor werk al vir baie jare. My stokperdjies sluit in lees en skryf. Ek doen ook tans ‘n digterslypskool kursus. My passie vir skryf het eers ‘n paar jaar gelede ontpop. Ek het al drie boeke deur Kwarts Publishers gepubliseer. Hulle is beskikbaar in Bargain Books, op Amazon as e-boek asook op Kwarts Publishers se eie webblad. Ek het ook laas jaar ‘n ses maande kursus in kort verhale voltooi deur Die Skryfbesigheid asook deur Liberty University het ek ‘n kort skryfkursus voltooi aan die hand van Karen Kingsbury. Ek is tans besig met ‘n ses maande kursus in die skryf van Romanse aangebied deur Madelie Human.   Ek help by honde rescue, genaamd The Dachshund Haven. Ek doen elke week al hulle facebook plasings en ek hanteer al hulle admin. 

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 207 gaste aanlyn

Bydraes – Argief