nat skoene
drome van reën in sonskyn
grond adem in vogtige mis
trane van seën wat verfris
duine deur reënboog belyn
seevoëls sit stil op wit rotse
vlerke uitgestrek te droog
geel pote met sout geloog
golwe breek woes oor vlotse
die see verskyn in my drome
dan vorm dit my diep woorde
as golwe uitspoel in wit some
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.