“Uiteetkoekie”
Ek het jou gewaar met jou hipster-rondebril
jou hare wat oor jou fluweel sag skouers veeg
soos jy met gucci of was dit nou chanel
parfuum lyfie verby my sweef
ek wou jou vang met my impressioniste oog
jou boei met my kwas
verewig getronk in die vierrame op my muur
sodat jy my oggend son kon tuur
my laatnag krete wat ek offreer vir jou
die huis afbrand en die koel koue nag verhit
in ‘n astrale skilderskerm van gees
in ‘n eforiese melkweg ejakuleer
ja jy en ek was … is nog nie
maar dit is soos die reuk van olie
oor ‘n kaaldoek smeer
‘n onvergeetlike daad
maar nou is jy slegs ‘n ideë
wat soos ‘n nikotien skyf
stadig binne my verras
en steeds op my tong kom lê
wil ek vir jou sê …..
©Morné du Preez
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Marsofine
Morne, sjoe, die verbeeldingsvlug wat so eg en werklik beskryf word. Dan 'n hunkering raak - met 'n ontnugtering eindig. Uitstekend