verwagtings kurwe
met elke oggend stond
met die geur van boere troos
in sy droë mond sit hy op sy duin
vol verwagting vir ‘n rustige dag
met sagte deining wat rus skep
kan sy verwagtings kurwe
dalk verwesentlik word
daar is egter altyd
die wind om mee
rekening te hou
dit steek dalk
vinnig op
en waai
die
kurwe
skeef en krom
so skuif mens se
verwagtings kurwes
om soms glad nie naby
hul verwesentlikheidskurwe
uit te kom nie
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.