Jongste aktiwiteit:

Vervloekingskruis en ‘n doringkroon

My vel breek met die insny van die doringsteek
wat hakskeur aan my vlees.
My bloed meng met grondstof aan my hand,
los ‘n taai mengsel wat blywend kleef.

Versigtig vleg ek die doringtakkies tot kroon,
probeer ek die snyseer vermy
en hang dit aan die bopunt
van ‘n aardse kruis.

Met ‘n ysterhaksweep
het hul U liggaam gebreek
en doringkroon U voorhoof ingesteek
met grynslag U aan ‘n vloekboom gehang.

Daar het U in liefdeskreet
met ‘n deernishart dit uitgespreek
“Vader vergeef, hul onkunde kleef”
en toe is verlossing volbring.

My emosiehart laat drup ‘n traan
los ‘n spoor oor my bleek gelaat
terwyl ek in verwondering staan
oor onvoorwaarlike liefde wat kon lei tot hierdie daad.
PAULA PAXTON
12/12/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed