Groen Gras
GROEN GRAS
die gras lyk groen
as die reën dit soen
maar wat as droog
van son
oor die aarde kom
die gras lyk mooi
in die maan se rooi
maar wat as vaal
van wind
die stingels verslind
die gras lyk soet
aan die berg se voet
maar wat as kou
van ryp
aan die soetigheid gryp
die gras lyk goed
in die môregloed
maar wie sal
ooit weet
voor hy daarvan eet …
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2020 projek