Jongste aktiwiteit:

Wanneer jy my skroei

Wanneer jy my skroei…

binne hitte geleiding
waar vuurvonk hitte verraai
vonke vuur aanhits
binne smeulende nadraai

naggloed skarlaken geskroei
met die redenasie bly stoei
want vuurtong spring oor grense
verhaal opgegaarde spense

verteer waar iemand moes leer
los onuitspreeklike seer…
trots staan teatraal sterk
sal die groei van vergifnis beperk

al kniel jy hóe ook al só laag
oordeel sprei soos bittergalplaag
verorber in vlammehel die hoop,
versmelt waar kwik en silwer nie loop…

set my in jou binnekring
giet my in ń silwer ring
sodat vlamduet my voete rig
ek in tangodans uitasem sug

want binne jou smeul my wese
versmelt ek in gegote leuse:
“Damp my op in vuurkring se glorie-uur –
wyl ek oor smeulende houtstomp tuur…”

ek saggies eteries gloei
want dis vir jóu –
wat my hartskamers bloei…

©️Bonita van der Berg
15/04/2021
20:45




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed