Jongste aktiwiteit:

Die Boodskap

Begin jou dag met!

Stiltetyd, lees uit die Bybel en God se leiding sal jou lewe versterk.

Daar is baie instansies om gratis aan te sluit, wat jou leer om ‘n getroue Christen te wees. Dit is belangrik want dit
help jou om in die lewende God te glo en geestelik te groei.

Hy gryp in mense se lewens in ,en verander dit ten goede, al wat ons moet doen is om te vertrou en te glo.
Daar is altyd hoop, ons leer dit in die Bybel, al is jou gemoedstoestand af en jou lewe nie maklik
nie. Die Bybel is jou anker, in ‘n rowwe see van stormwinde en groot golwe. Al voel dit jy wil
verdrink, God se hand is altyd daar om jou te help. Sy ankertou is ons rots om aan vas te hou.Om
jou geloof te versterk moet jy die Bybel bestudeer. Die Skrif maak mens standvastig in jou geloof,
ons leer die werke van God ken en wat Hy al’s kan doen wanneer jy jou hart vir Hom gee.

Met die
koms van ons verlosser Jesus Christus, het God sy beloftes aan ons sigbaar gemaak.

Hoop gee mens krag, moet nooit jou hoop op valse beloftes bou nie dit kan jou van koers laat
verander, en dan is jy verlore. Daar is baie mense wat mens om die bos lei met God se Woord,
sulke mense maak jy dat ongelowig raak. Pasop vir sulkes!

Wees altyd nederig, en bid dat God jou op die regte koers hou. Hy wil jou net die beste gee, al
lyk alles net swart. Wanneer jy God in jou lewe het kan niemand dit wegvat nie, Sy liefde vir jou is
onvoorwaardelik en verander nooit nie. Bly getrou teenoor God, deur Skriflesing en oordenking
daagliks toe te pas.

God se liefde is volmaak, al is ons liefde soms gebroke. Moet nie ‘n bossie wees nie, maar ‘n boom
by ‘n waterstroom wat welig groei, groot en sterk word. Bly weg van alles wat sleg is, geskinder,
jaloesie, en bedrog. Die saad wat God in jou hart plant, is goeie saad wat jou lewe sal verryk. Ons
moet die net gereeld natmaak en versorg met God se liefde.

Gebruik die geleentheid om kerk toe te gaan, tussen mense te wees wat goeie studente van God se Woord is.
Groei in dankbaarheid, geloof en geduld, en aanvaar sy vergifnis.




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed