Vrou van die nag
bemin wil sy wees
en kies die sleg kant daarvan
met moed waag sy haar speletjie
staan sy op die straat en wag
in mini rokkies getooi
stop hul een na die ander
bedwelm in die vlees
gee sy haar oor
op die hoeke van die straat
het sy haar bemindes gaan soek
soos ‘n lelie onder die dogters
verskyn sy met ‘n sluier oor haar oë
verblind deur die wereldse mag
wanneer die aandwind waai
en die skaduwees het gevlug
verskyn sy soos die son gaan sak
sensieël en vleiend vir die noodlot
stop hy ongevoelig en raap haar op
vanaand gaan “drop” hy haar
skoonste onder die skones
waar het jou pad so buister geraak
dat balsembeddings vir jou genoeg is
om lelies in ander se tuine te versamel
mooi is jou mens wees
verskriklik soos slagordes met vaandels
onder die appelboom is jy opgewek
die liefdes-ywer is hard soos die doderyk
sy gloed is ‘n gloed van vuur
en groot waters kan dit nie blus
al gee hy al sy liefde
sou almal hom diep verag.
Louisa Van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.