As ek van jou droom(silwer)
tussen stil stiltes van ‘n vallende blaar
en ragfyn nagte
smag ek na jou asem-
verleiend kom hul stemme saam wind gelei
en my oë gryp die alleenheid van skadu’s
wat in die ragfyn nag
terugkeer soos kluisenaarskrappe,
na ‘n onbestaan
en verstarde onwetes
van enkele seilbote
(wat terugkeer)
oor ‘n dooie see
©Morné du Preez
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Augustus 2021 – As die blare val projek