Jongste aktiwiteit:

eindes

–
soos branders afbreek
op sand uitspoel in wit skuim
so breek lewe ook stelselmatig af
en slegs wit kruise bly staan
van elke mens se bestaan
–
soos diere kom en vergaan
so verskyn gedagtes, ideologieë
in die mens se tydelike bestaan
wat soms op die kruin kraai
meer dikwels in die as lê
–
wat is, was lankal ook gewees
wat kom, is herhaling van alles voorheen
geboekstaaf in eeue se kom en gaan
waarin beskawings kom en gaan
verdwyn in donker eeue
–
wat aan die begin daar was
sal aan die einde steeds daar wees
Hy wat geskep het – in beheer van alles is
ken geen begin of einde soos die mens
wat tog maar net klei kan wees
–
©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed