Jongste aktiwiteit:

eindes


soos branders afbreek
op sand uitspoel in wit skuim
so breek lewe ook stelselmatig af
en slegs wit kruise bly staan
van elke mens se bestaan

soos diere kom en vergaan
so verskyn gedagtes, ideologieë
in die mens se tydelike bestaan
wat soms op die kruin kraai
meer dikwels in die as lê

wat is, was lankal ook gewees
wat kom, is herhaling van alles voorheen
geboekstaaf in eeue se kom en gaan
waarin beskawings kom en gaan
verdwyn in donker eeue

wat aan die begin daar was
sal aan die einde steeds daar wees
Hy wat geskep het – in beheer van alles is
ken geen begin of einde soos die mens
wat tog maar net klei kan wees

©Teãrlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed