Waar is Pa ? Silwer
Elke wreed-warm sondag
is daar ‘n familie wat sukkel
met die lewe se staf
wat van almoes moet lewe
want die sorg van die huisgesin
staan in die teken van plesierjag
dobbel al sy geld uit:
roek omtrent straf
ook met baie drink
wil hy van sy sorge vergeet
en tyd snel nie heen soos
hulle verder verval in armoede nie
geslinger tussen hoop en vrees
‘n beurtelingse gedobber en sweef
oor hoekom hulle so swaar moet leef
want die Pa soos ‘n groot speld verdwyn
op ‘n sinkende skip van die woestyn.
© Zebulon Kochk
Zebbiekaans
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2021 – Metaforiese projek