Jongste aktiwiteit:

Silwer see

Dalk net eendag loop ware liefde,
by my voordeur in
dalk is daai eendag vir altyd
iewers was ‘n deur wawyd oop, en jy is nou weg

Om te wag, en wag en niks gebeur
soms slaan jou kop toe, wat jou hart voorskryf
ek sal wag,
tot my verlange met die wind wegwaai

Die silwer see se gloed sprei oor my gemoed
en deur die branders se grys
druis weëmoed tussen die skadurotse
in die middernag sterre se eindelose glorie,
blink druppels teen my wang

Liefde is nie net ‘n seisoen nie
dis is ‘n soen wat ‘n leeftyd hou
‘n liefde wat vir altyd hou
Ek sal wag…
Dalk is die tyd nou




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed