Jongste aktiwiteit:

Aambeie

My oorlede Ma was ‘n baie wyse vrou, sy het altyd gese: “Moenie roem op jou sotlikhede nie, my kind”. Wanneer my ouer broers met akademiese prestasies huistoe kom (nie ek nie, was ‘n rebel op skool) dan se my Pa: “Die kind het sy pa se verstand gekry!” My ma sou dan in die agtergrond se: “ Ja, sy Ma het nog haar verstand”.

Dan het Ma ook gese wanneer ek so plat op die koue sement sit: “My kind, jy moenie so op die koue sement sit nie, jy gaan aambeie kry.” Nou die stelling weet ek nie of daar enige waarheid in steek nie, dit moet die leser maar self by “Dr. Google” gaan oplees.

My eerste kennismaking met aambeie was al baie jare gelede, my teorie om daarmee geseen te word is: nie gesond eet nie, baie sit in ‘n voertuig en om nie “te gaan wanneer jy moet gaan nie”.

Die pampoen het die radiator getref baie jare gelede toe ons as gesin een naweek by my vriende Pierre en Lize gaan kuier het in Grootvadersbosch Natuurreservaat daar noord van Heidelberg Kaap.

Die Vrydag al voel ek daar is moeilikhied in die fondament, Saterdag oggend kan ek dit nie meer hou nie. Pierre bied aan dat hy ‘n afspraak namens my sal maak by hulle huisdokter op die dorp. So gemaak en ek is in die dokter se spreekkamer. Nee, se hy nadat hy in die fondament gekyk het: “Daar is ‘n stolseltjie hy kan dit uitsny.” Fout van my lewe om daarvoor in te stem. Spuitnaald uit en spuit die “stolseltjie” dood. Maak ‘n snytjie en druk die “stolseltjie” uit.

Daarna terug na Pierre-hulle toe op die reservaat. Alles gaan voor die wind tot die lewe terugkom daar waar die “stolseltjie” was. Ek staan op en begin loop sommer om die huis en orals waar niemand my pyn kan sien nie. Dit klop, en pyn en ek loop, later loop die trane. Ek kan nie sit, le of staan nie ook nie meer loop nie. Daar is nie genoeg pynpille om hierdie pyn in die fondament stil te maak nie. Na ‘n slapelose nag is ek agterop die bakkie op ‘n spons matrassie die Sondag terug vervoer na Montagu toe.

So het ek maar geleer saamleef met die kom en gaan van die aambeie. Sheriprokt is al wat help, ‘n skedule 4 salf wat die dokter moet voorskryf. Eet maar die joghurt, vrugte en neute en wanneer die fondament seer is smeer die salf.

Ons gaan toe die einde verlede jaar in die Kalahari werk, lank se sit en ry sestien uur op die pad. Stop net vir diesel, kos en die nodige. Ek besef toe ons daar is ek het nie joghurt gekoop nie en ons werk en dis warm en ons drink seker ook nie genoeg water nie. Werk daar vir ‘n week, oppad terug stop ons in Upington, Dr. Nel word gekontak groot pyn, voorskrif vir Sheriporockt asseblief. Te laat daarvoor dis nou al bloed in die fondament.

Ons ry deur die nag terug tot in Montagu, ek is verby pyn. Bel die spesialis in Worcester die fondament dokter, dis Vrydag ek is desperaat. Nee, hy kan nie help nie net sy kollega kan, hy is met verlof vir twee weke. Nee, se ek net daardie dokter vir my, niemand anders nie. “Wat van setpille?”, vra die dame. Ek se ek dink dit is te laat vir setpille dis net bloed, se ek. Ek het opgestaan van die toilet en moet kyk of ek nie ‘n sex-change gehad het nie, want dit is net bloed wat teen my bene afloop.

Kry toe maar die setpille en ‘n week later is ek by die Dokter. Kolonoskopie, dis sulke tyd, kry raas oor ek nie al twee jaar gelede al gekom het nie. Voor hy my onder narkose sit verduidelik hy dat indien daar aambeie is, kan hy dit afbind. “Afbind?” vra ek. Ja, se hy dit word afgebind met ‘n rekkie. Ooo, se ek soos daardie groen rekkies wat om die lammertjies se stertjie en balletjies gesit word wanneer hulle nog klein is. Hy lag, nee darem nie so drasties nie, se hy.

Ek onderhandel eers met die narkotiseur, dat sy my moet terugbring, maar sy laat nie op haar wag nie, sit my onder, nog so in die onderhandelings. Ek word deurmekaar wakker en ek word deur ‘n nurse gehelp tot op so ‘n smal trolletjie, le maar eers hier en word lekker wakker se hy. Word lekker wakker se gat, dink ek my fondament is hakken seer!

Later word ek gehelp daar na ‘n stoel toe en ‘n koppie tee aangebied. Worsmasjien, almal moet vanoggend nog “gedoen” word. Die dokter kom in en vra: “Hoe voel jy?” My fondament, Dokter dis hakken seer. O, ja alles in die dikderm was OK, geen poliepe nie, maar ek het drie aambeie afgebind. Met die rekkies? vra ek. Ja, se hy. En hoe lank gaan die pyn nog daar wees vra ek. So ‘n dag se hy. ‘n Dag soos in 24 uur of tot more se dag, vra ek. Nee, hy sal nou nie presies kan se nie, se hy.

Kry my voorskrif by ontvangs en “sluip” so tree vir tree tot by die Hospitaal se Apteek, darem net ‘n halwe straatblok ver. Nee, se die dametjie, meneer is ‘n “buitepasient” ek kan nie vir meneer die voorskrif se medisyne gee nie. Waar dan, vra ek. Nee, se sy ander apteek, volgende straat. Sluip maar weer, tree vir tree tot by die apteek. Kan nie vinnig loop nie, my fondament gaan uitval. Nou kan ek nie meer die pyn verduur nie, voel nou soos drie “stolseltjies” wat uitgehaal is.

Kry voorskrif gaan terug hospitaal se kafeteria toe, koop broodjie en water, nou al vrek van die honger. Nil per mond al van gisteraand 22h00 af. Drink pille, eet broodjie gaan badkamer toe wag eers tot daar niemand is nie, los ‘n moerske wind deur die pyn, smeer salf.

Die res van die dag was ‘n waas, maar ek het deur die dag geworstel en die volgende oggend 03h30 was die pyn eers weg in die fondament.




Ek skryf net omdat dit lekker is, want dit is soos terapie vir my.

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed