dis-assosiasie
–
meeue gesels met mekaar
in skorre taal vertel hul aan almal
hoe moeilik die lewe van ‘n meeu is
kouefront se wind skreeu deur stegies
van nuwe en ou geboue en wit geverfde mure
van vroeg tot laat klink harde taal op van mense
soms barbare, wat gehoor wil wees in hul eie kultuur
masjien geluide van konkreet mengers tot kragopwekkers
verduister die vroeëre stil see landskap, na konkreet woestyn
klagtes het ek nie – dankbaar vir ‘n staanplekkie by die see
dis net die assosiasie en dis-assosiasie wat gekompliseerd
ons lewens kan versuur – so van goedkoop tot baie duur
oer-inwoners, inkommers en ontkommers die lot
maak ons baai uniek – van oos en wes
ook noord en suid kom hulle
elkeen met sy eie opinie
sy eie geregtigheid
opregtheid
en soms
ongeregtigheid
–
©Teãrlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.