Verrassings Kassies
op vierkant donkerhout kassie
uitgekerf ń vreemde landskap
binne rus ń rekening
die as van ń kind
diep swartklowe sny die vaderkop
witbossies oortrek die kop
katarak strak staar sy oë
na die kissie as
in vyfster hotel
op spierwit tafeldoek
reik ń naallakhand na skuldkassie
vierkant plastiek sal gou vergoed
op kaal misvloer tuur
Meneer Modise
die kredietkaart snobs
lag in ń koffieshops
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.