Jongste aktiwiteit:

Sprookje

Sprookjé (Brons)

Op die deur groet “Sprookje” my
soos jare terug by pa se huis
die reuk van kos nooi my binne
die tafel is gedek met sagte linne

ek steek ‘n kersie aan vir jou
skink ‘n wyntjie vir die kou
pa se klok tik rustig voort
plaasgeluide kom uit elke oord

die mure hang vol van onthou
kosbare oomblikke wat ontvou
elke meubelstuk vertel ‘n storie
van tye saamgeleef in volle glorie

hierdie is my huis
hier voel ek tuis
hier is ek vry
hier is waar ek wil bly

© Elisma van Zyl




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed